Melkweg

Melkweg
’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die Melkweg vir ’n waarnemer van buite die sterrestelsel sou lyk.
’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die Melkweg vir ’n waarnemer van buite die sterrestelsel sou lyk.
Soort stelsel Staafspiraalstelsel
Tipe SBc
Besonderhede
Skynbare grootte 100–120 kiloligjaar (31–37 kiloparsek) breed[1]
Aantal sterre 200 miljard – 400 miljard[2][3][4]
Besonderse kenmerke Oudste bekende ster is 13,6 miljard jaar oud[5]
Massa 1–1,5×1012 M
Lugkoördinate
N.V.T.
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
’n Foto van die Melkweg se galaktiese middelpunt aan die naghemel bo die Paranal-sterrewag in Chili.

Die Melkweg is die sterrestelsel wat ons sonnestelsel bevat. Die naam verwys na sy voorkoms as ’n dowwe, gloeiende strook teen die uitspansel waarin die menslike oog nie individuele sterre kan onderskei nie. Dit is ’n vertaling van die Latynse Via Lactea, wat afgelei is van die Griekse woord γαλαξίας, galaxías.

Van die aarde af gesien, lyk die Melkweg langwerpig omdat ons sy skyfvorm van binne die sterrestelsel sien. Galileo Galilei het in 1610 met sy teleskoop die strook lig die eerste keer onderskei as individuele sterre. Tot in die vroeë 1920's het die meeste sterrekundiges geglo alle sterre in die heelal kom in die Melkweg voor. Ná die Groot Debat in 1920 tussen die sterrekundiges Harlow Shapley en Heber Curtis,[6] het waarnemings deur Edwin Hubble gewys die Melkweg is beslis net een van baie miljarde sterrestelsels.[7]

Die Melkweg is ’n staafspiraalstelsel met tussen 200 miljard en 400 miljard sterre. Dit kan ook minstens net soveel planete hê.[8][9] Sy absolute ligsterkte, wat nie regstreeks gemeet kan word nie, word geraam op sowat -20,5. Die helderste gedeelte van die sterrestelsel lê in die rigting van die sterrebeeld Boogskutter, waar die middelpunt van die Melkweg geleë is. Die oudste bekende ster in die sterrestelsel is minstens 13,6 miljard jaar oud en is dus gevorm kort ná die Groot Knal.[10]

Die Sonnestelsel lê sowat 27 000 ligjare van die middelpunt van die Melkweg, aan die binnekant van een van die spiraalvormige konsentrasies van gas en stof wat die Orion-Cygnus-arm genoem word. Die sterre in die binneste sowat 10 000 ligjare van die Melkweg vorm ’n galaktiese uitbulting en een of meer stawe. Die middelpunt self bestaan uit ’n intense radiobron genaamd Sagittarius A*, wat waarskynlik ’n supermassiewe swartkolk is.

Die Melkweg word omring deur verskeie dwergsterrestelsels en is deel van die Plaaslike Groep sterrestelsels, wat weer deel vorm van die Virgo-superswerm.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ask-astro
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named nasa20071129
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ut20081216
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named odenwald
  5. H.E. Bond; E.P. Nelan; D.A. Van den Berg; G.H. Schaefer; D. Harmer (13 Februarie 2013). "HD 140283: A Star in the Solar Neighborhood that Formed Shortly After the Big Bang". The Astrophysical Journal 765 (1): L12.arXiv:1302.3180. Bibcode:2013ApJ...765L..12B.doi:10.1088/2041-8205/765/1/L12
  6. Shapley, H.; Curtis, H. D. (1921). "The Scale of the Universe". Bulletin of the National Research Council. 2: 171–217. Bibcode:1921BuNRC...2..171S.
  7. Sandage, Allan (1989). "Edwin Hubble, 1889–1953". Journal of the Royal Astronomical Society of Canada. 83 (6). Bibcode:1989JRASC..83..351S.
  8. Cassan, A. et al. (11 Januarie 2012). "One or more bound planets per Milky Way star from microlensing observations". Nature 481 (7380): 167–169.arXiv:1202.0903. Bibcode:2012Natur.481..167C.doi:10.1038/nature10684. PMID 22237108
  9. Staff (2 Januarie 2013). "100 Billion Alien Planets Fill Our Milky Way Galaxy: Study" (in Engels). Space.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 3 Januarie 2013.
  10. H.E. Bond; E. P. Nelan; D. A. VandenBerg; G. H. Schaefer; D. Harmer (13 Februarie 2013). "HD 140283: A Star in the Solar Neighborhood that Formed Shortly After the Big Bang". The Astrophysical Journal. 765 (1): L12. arXiv:1302.3180. Bibcode:2013ApJ...765L..12B. doi:10.1088/2041-8205/765/1/L12.

Developed by StudentB